Boere En Brandseisoen: ’n Paar Kort Opmerkings

Published on Jun 04, 2019
white arrow pointing left
Back to Media Centre
Velde en bosse aan die brandSource: 'n Bosbrand. (Image: Joseph King)


So sê Andries Wiese, hoof van Hollard Insure se Landbouspan, in ’n onderhoud met Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, in dié se Landbouweekliks videokanaal.

Die wet bepaal dat enige eienaar van grond waarvandaan of waaroor daar ’n brand kan versprei onderhewig is aan die bepalings van die wet, sê Andries.

Hy verduidelik verder dat twee sake wat altyd ter sprake kom tydens gesprekke met boere oor die wet is brandbane en lidmaatskap van brandbestrydingsverenigings (BBV’s).

Alhoewel die wet die boer nie verplig om lid van ’n BBV te wees nie, moedig ons wel lidmaatskap aan. Daar is definitiewe voordele daaraan om ’n lid te wees vir beide die boer en die versekeraar.

Afgesien van die beskikbaarheid van hulpbronne by so ’n BBV het dit ’n wesenlike impak wanneer jy aanspreeklik gehou word vir verliese deur ander partye. Hier gaan dit oor die beginsel van omgekeerde aanspreeklikheid.

Boere wat aan ’n BBV behoort kan in plaas van brandbane alternatiewe brandplanne maak, sê hy – maar daar is ’n proses wat gevolg moet word, anders help die planne niks en het die boer nie voldoen aan die vereistes soos uiteengesit in die wet nie!

Kyk gerus die volledige onderhoud hier: